Keer

Buk,
liewe kind,
die sweepslag staan jou te wagte,
sjamboksalf vir die verontrusde jeug in jou.

Byt vas,
elke bloubloed aar op jou wang sing ‘n hooglied
aan die allerhoogste in jou.

Kyk op,
kleine liefde,
meer mag het jou siel nog nooit ervaar nie,
woedend en verwoestend slyp dit jou brandwonde rou.

Hou moed,
‘n leë aardskrag het die oorhand oor jou,
vir nou.